Elke broek kry sy dag!

 🎶 ……oooooo die Wit Broek sit nie mooi nie, die Wit Broek sit te styyyyyf…..🎶 neurie die vrou langs my in die winkel vandag. Broeke-liedjies is daar baie. Sy dra die Broek, sing Thys die

Bosveldklong. Jan Jan Jan Wys graag hulle vleis. En ons hou van Meelbroeke…..Bosbroeke…..drie by drie! Ons is ons is weet julle wie? So is daar ‘n broek vir elkeen se smaak. Of jy nou hou van kort broekies, kniebroeke, lanbroeke, lospassend of stywerig oor die sitvlak, gemaklik of knyperig op plekke….jou broek sal jy kry.

Ek is verbaas om te verneem dat daar nou selfs ‘n spesiale dag vir broeke is! Erfenisdag. Né. Wie sou kon raai. Nou kan jy jou ge-erfde broek dra beduie ek vir een van die kinders. Oooo nee skynbaar nie. Dit gaan daaroor om te onthou wie ons is en waar ons vandaan kom. Dus trek ons klere aan wat ons herinner aan ons wortels in hierdie Afrika-grond. Ons doen dinge wat ons herinner aan ons grootwordtye en ons vaders se vaders. En wat doen ons? ONS BRAAI! “Mamma…..ons gaan nóú braai!” Ons koop ten duurste die skaaptjoppies wat Oom Japie in die Karoo vir ons netjies verpak het. Ons soek die beste 28 dae verouderde sirloin uit en ons spandeer 6 maande vooraf om uit te vis waar die beste wors te koop is. En dan BRAAI ons op Erfenisdag.

Ons vaders se vaders sal sekerlik rondomtalies onder die grond maak as hulle moet weet wat sommige mense aantrek op hierdie spesiale Braai-dag wat ons nou het. Oupa sou sy Sterling khaki’s gedra het, deurgetrapte vellies en ‘n beswete hoed. Moeg ná ‘n dag se arbeid op die plaas. Die kleinkinders kaalvoet en stowwerig aan’t speel, Ouma vee haar hande aan die voorskoot af, gooi die meelsakkie vadoek oor die vars gebakte brood. Seun staan, een voet op die klip langs die vuur, elmboog op die knie en draai die skaapstertjies een vir een om…….hy het sy spesiale broek aan. Een wat van vadoeke gemaak is. Sodat hy sy hande daaraan kan afvee. Ouma skud haar kop in ongeloof en vou nogmaals die meelsakkie oor die warm, uitgeryste brood. ‘n Broek van streperige vadoeke, bid jou dit aan.

Maar hieroor wil ek nie baie sê nie, ek wil jou liewer van ‘n ander broek vertel.

Ons raak opgewonde wanneer ons oor Meelbroeke en Bosbroeke praat. Hoe kan ‘n mens dan nie? Ons kry fotos van mense wat daarin swem, bergklim en draf. Daar is fotos van luilekker aande in die Wildtuin, skottelgoed was-sessies by die kampplek. ‘n Paar jonges staan langs ‘n seiljag in Kroasië en iemand stuur ‘n foto vanaf die Burj Kalifah. Meelbroeke en Bosbroeke druk ‘n stempel af in veraf en naby plekke, hoog en laag en les bes…..langs ‘n braaivleisvuur op Erfenisdag. Want hierdie klere is ons ware verlede. Ons oor-grootjies het klere gedra wat van Meelsakke gemaak is. Broeke, onderklere en selfs ‘n trourok, het iemand my vertel. Hulle was skaam daaroor, want hulle was armer as arm. Die sakke is gebleik en uitgewas totdat daar geen prentjie of kleur meer sigbaar was nie. Dit was ‘n skande, maar dit was al wat hulle gehad het.

Vandag word Meelbroeke en Bosbroeke van dieselfde materiaal as destyds gemaak, dit is net ‘n bietjie sterker. En dit is geliefd onder oud en jonk. Ons dra dit wanneer ons braai en ons vee sommer ons hande daaraan af. Ons was dit, dan word dit skoon. Dit word as’t ware deel van ons lyf, uit die was……aan die bas! Want Meelbroeke en Bosbroeke dra mens véél meer as net op Nasionale Braaidag.

Elke broek kry sy dag. Meelbroeke en Bosbroeke kry meer!

Dankie Hartenbos!!

Een van die eerste dinge wat ons leer wanneer ons klein is, is om te tel.  Een glas koeldrank, twee koekies.  Hoeveel vingers?   Een… twee… drie… vier… vyf!  Hoeveel slapies tot ons by Ouma gaan kuier?  En so aan.  Dit is dieselfde, jaar ná jaar, vir die eerste jare van ons lewe.

En dan, baie jare daarná, tel ‘n mens in omgekeerde orde, die slapies totdat die mark in Hartenbos begin.  Dit was ons eerste mark in Desember in Hartenbos .  Dis lank weg van die huis en om alles te kroon, hoe op aarde bereken ek die hoeveelheid voorraad wat moet saam?  Amper te vinnig glip die dae vooraf verby, want daar is baie te reël en baie onsekerhede.  Sê nou dit voldoen nie aan verwagting nie?  Sê nou dit reën heeltyd?  Sê nou ek neem nie genoeg van die regte style en kleure saam nie en, les bes, sê nou ek het nie genoeg voorraad nie?  Laat nagte en wakkerlê word my voorland en die ou duiwel grawe met sy vuil vinger al in my gedagtes rond oor alles wat kan skeefloop.

Maar uiteindelik, soos met alle dinge, is die tyd verby en lê die pad oop deur die Karoo.   Baie uitstallers was reeds daar toe Meelbroeke opgehang word, tog voel ons slaggereed aan die buitekant en steeds twyfelend binne-in. Ry op ry hang die Meelklere in hulle geil, glorieryke vakansiekleure – en nét daar begin ons weer tel!

Sommer binne die eerste paar dae weet ons dat alles waaroor ons in die donker bekommer, vinnig uitgestryk is!  Die klere en kleure vlieg 1-2-3 by die stalletjie uit.  Mense, oud en jonk, daag twee-twee en drie-drie op, bring later familie en vriende wat óók wil klere hê.  Ons beker loop oor.

Dit bring my by die syfer 4 (vier).  Eendag, lank gelede, was daar vier susters.  Die een is mooier as die volgende.  En twee van hulle word vinnig baie spesiale vriende van my.  Nié omdat hulle amper elke kleur lang dungaree besit nie, maar omdat hulle soveel tyd in die stalletjie deurbring en ek hulle op ‘n baie besondere manier leer ken.  Die dae wanneer Anneliese en Susan kom inloer, word lekkerlagdae onder die sambreel van Meelbroek-liefde.  Geniet hulle fotos wat ek aanheg.

Vinnig spring die syfer na die honderde (100e!), want dit is soveel gelukkige Meelbroekdraers wat by die stalletjie aangedoen het en ‘n geselsie vir ‘n minuut of twee gemaak het.  Sommige het ek by die naam leer ken en onthou van vorige raakloopgeleenthede.  Sommige het bekende gesigte geword, sonder dat ons ooit name uitgeruil het.  Baie kom koop ‘n 3e, 4e, 5e broek.  Baie kom koop vir die eerste maal.  Nóg meer kry ‘n item in die Kerskous.

So het die Hartenbos-markdae verbygegaan, die een in die ander gevleg tussen die menige dae wat ek vroeg-oggend George toe moes ry om nóg natural, oftwel wit, broeke te gaan oplaai by die koeriers.  En teen twee-uur vanmiddag weet ek dat ek alweer te min bestel het!

Daar was staatmakers by die huis wat die wiele aan die rol gehou het.  Baie dankie aan Henning, Santa, Ma Cecile en Lina wat menige broeke deur hulle hande laat gaan het.

Dankie aan Courier Guy wat nooit teleurstel nie, deurentyd afgelewer het, selfs op ‘n Sondag.

Dankie aan Jaco en Robyn wat kom handgee het by die stalletjie en dankie Jaco, dat jy oudergewoonte nie teleurgestel het nie, maar oud en jonk vermaak het met jou vrolikheid en “shenanigans”.  Jy is geliefd.

Die grootste, vetste dankie aan jou, die Meelbroek-aanhanger.  Sonder jou is geen van hierdie dinge moontlik nie en jou volgehoue liefde vir die produk spoor ons aan tot meer en groter, daar is baie op die agenda vir 2022.  Dinge waarvoor julle gevra het, sal ons vir julle gee.  Hou ons sosiale media dop vir opdaterings!

Daar is nie een enkele dag dat ek nié verstom staan oor die absolute genade en oorvloed wat Meelbroeke uit die hand van die Vader ontvang nie.  Ek kan nie dank aan Hom in dieselfde asem noem waarin ek mense bedank nie.  Alles wat ons het en alles wat ons is, is alleen genade.  Aan Hom kom alle eer toe!

Mag 2022 vir jou en jou mense ‘n besondere kleurvolle jaar wees.  Laat elke dag tel.

Liefde

Mari

Don a Dungaree!

How fast did this year go!?  Half of it is gone and it feels like there is someone pushing us from behind to just go….go…..go….. Remember how scared we were when we were young and had to go somewhere in the dark on our own?  You tried to run as fast as you can, and still there was this feeling of someone so close behind you, that you could almost feel their breath in your neck.  It feels like that for me, faster……..faster!  And yet, it is slow season and we need to slow down. 

However, at Meelbroeke, things are still sometimes going so fast that we cannot keep up!  Just the other day we were only making supas and baggies, almost tripping over our feet to produce enough for the nation to wear.  And the next moment its cargos and long dungarees!  How wonderful is it that Meelbroeke is able to give you something for every season and all in between? 

The long dungarees are the talk of the town at the moment, comfortable and warm and very, very trendy.  Made of a slightly thicker fabric than the rest of the garments, it is the perfect companion this winter.  The more you wash them, the softer they become and the more you will want to wear them and the softer they become the more……well you get it!  Have a look on the Retailers Page for a retailer close to you or order online!

Back home, we are stocking up on all garments, colouring and busy with all the shenanigans that put a quality product in your shopping bag!  Dyeing these garments in all the beautiful colours is quite a task, but here at Meelbroeke, we believe that we should look after our planet.  So your favourite item is made from 100% cotton, it is the strongest cotton available as it is not bleached.  Bleaching weakens the fabric and of course, as you can imagine, with the bleaching process a lot of chemicals are used.  When we treat the fabric, we recycle water, sometimes up to 4 times to do our part in saving water.  We also have a tank and we use rainwater when it is available.  Then…..the magic happens!  All our clothing is dried in the warm South African sun!  There is just no substitute to the real deal.  So there you have it!  A pure South African product, made, dyed and dried under the blue South African sky.  Why would you NOT want one?  Go, you need another pair and you know it!

With the current state of things, there are only a few markets operating here and there – and we miss seeing you!  But we see more and more emails coming in of bigger markets and even festivals confirming new dates, mostly from October onwards.  We as exhibitors pray that this will finally be the start of some normality for us.  And we know that you are missing the festivals too.  Good music, good food and goodies to buy. J

Back to those childhood fears.  Although we feel pressed to move in a direction, we should know that it is important take a deep breath and slow down.  CoViD has taken many things from us, but it cannot take our faith in life, in living and in moving forward at our own comfortable pace.  It cannot take away our faith that everything, in the end, will be well.  It cannot take our faith in the Father that has all this taken care of.

So…….take time to see nature around us taking a rest.  And try to not be hurried by the “thing” behind you, whatever it might be.  After all, we are all venturing towards the unknown future.  You are not alone.

Hope to see you soon at a market or festival.  Keep an eye on the Facebook Page Meelbroeke.

Much love

Mari

Die Snowflake-werf

Dis middernagdonker, die lekker stil tyd van die dag en die ideale tyd om bietjie tyd te maak vir ‘n skrywe op die werf.  Die webwerf.  Tog, baie soos ‘n plaaswerf, is die Meelbroeke werf ‘n besige plek!

Die groot nuus hierdie jaar is dat ons troue gehou het!  Jip, ons eie Thomas, Sosiale Media Bestuurder, en sy Dienkie is op 21 Februarie getroud, ná ‘n warrelwind-verlowing op 25 Desember 2020!  Ons moes spring om alles gedoen te kry, maar ons het dit gedoen!  Geniet die klompie fotos wat ons opsit, Snowflake was ook daar…..en waar dan beter om te trou as by Snowflake in Potchefstroom?  Elke oomblik ‘n meesterstuk!  ‘n Mooier bruid kon ons beswaarlik kry en die bruidegom…..deftig!

Die Meelbroek-span het nie stilgesit in die laaste paar maande nie en jy kan nou soveel meer as net broeke kry!  Behalwe rokkies en dungarees, het die reeks uitgebrei en sluit nou ook oulike rafelrand-hoedjies á la plaaswerf, in!  En ná baie navrae, ook hemde, sommer vir oor die kop gooi gemak.  Dit alles is te sien by die fotos.  Maak seker op die Sizes blad dat die afmetings reg is vir jou!  Moenie dink dat dit hier gaan eindig nie, die jonges op die Snowflake-werf het planne wat nie einde het nie!

Daar was ‘n paar veranderinge wat winkels betref, en ‘n paar nuwes het by gekom.  Gaan kyk gerus op die Retailers blad vir een naby jou.  Vir Pretoria is daar ‘n belangrike aankondiging – daar is ‘n winkel in Irene Village Mall wat verskeie uitstallers se goedere aanhou, ondersteun die winkel asseblief, die gebrek aan feeste laat ‘n groot leemte in ons lewens.

Dit gesê, is daar letterlik honderde klein markte wat reg oor die land opskiet.  Ekself doen heelwat van hierdie markte in die Pretoria en Laeveld, maar die Meelbroek handelaars word aangemoedig om dit ook te doen.  Gaan kuier gerus by die markte. 

Dankie vir jou liefde vir die produk, dankie vir jou volgehoue ondersteuning en geselsies by die markte, dit maak my hart warm om te weet dat julle só gemaklik voel in ons produk.  My deur is altyd oop vir ‘n kuier of ‘n vinnige “hallo” op WhatsApp.  Ek hoop om sommer baie meer van julle te hoor.

Geniet die troufotos – en kom kuier by ‘n mark!

Groetnis

Mari

What a year indeed..

All of a sudden, its almost December.  Where did the year go?  What happened to the dreaded 2020?  It is quickly coming to an end.   We have been through so much.  Some of us have endured more than the fair share that we feel should be given to us.   We have dealt with a serious, very long lockdown.  Some of us deprived of basic things, like the privilege to see our kids, our parents, even our husbands or wives.  There are families that were split up, due to borders all over the world being closed.  There are many who lost their income, many of those are exhibitors.  Some, had to suffer without alcohol and cigarettes.  Some had to bury a loved one in a time where a funeral with family and friends, and the comfort of hugs and kisses, turned into an alien event, with only the closest of close family and friends, and no tea and sandwiches.  Almost no comfort.  However it may be, we were all in the same boat.  And still are.  The waters are still rocky and we still feel unsure about the future.

But somehow we survived.  And somehow we are still coping in this new life that has been created for us. 

On the Meelbroeke front, things have escalated to a level never seen before.  We are overwhelmed by the support and love for this comfort that you have come to know.  More and more items are shipped abroad and are worn in faraway places like New Caledonia and Wales.  Lots going to Australia and New Zealand, the US.  To South Africans that long for their country and to foreigners that seek to feel the love and colour on their skin.  We thank you for that!

A few new shops in South Africa are now stocking Meelbroeke, we are chuffed with the positive feedback they, and us, are getting.  Check out the Retailers Page for a retailer close to you.

Please support the myriad of local markets that has sprung up since the mega festivals like Innibos, Aardklop, Vryfees and more has been cancelled.  We are unsure of the future of these festivals, but hopeful that 2021 will bring them back, bigger and with even more to offer.  The village markets, all over South Africa are well supported and it’s great to be in touch with Meelbroek lovers all over the country.  We advertise some of them on our Facebook Page and Instagram account and we also send out broadcast messages on WhatsApp.  If you do not receive such messages (only once a week!), and want to stay in the loop, please join our Facebook Group, follow us on Instagram or email me your mobile number.

I am doing some markets in Pretoria from time to time so have a look on Facebook for the time and place.  Come say hello, I would love to meet you.

Keep good faith that in the end, all will be well.  Love abundantly and wear a Meelbroek.  Life is still good.

Love you all

Mari

PINK FLUFFY OCTOBER GREETINGS

Meelbroeke fans, we are bursting with excitement!  We have been keeping this secret since February, all the time waiting for the lockdown and the virus to take its time to pass.  And did we wait!! 

All of a sudden, through trial and tribulations, we are in October.  And it is the perfect time to launch PINK SNOWFLAKE because October is also Breast Cancer Awareness Month.

Pink Snowflake garments will be available ONLY through the website in October.  For every Pink Snowflake item purchased through the website in October, Meelbroeke will donate 10% of the value to PINKDRIVE.  I will in person equal that for a donation to CANSA.  Because we have received so much, we can give some back! 

If you feel that you can spare a few rands, please join this effort to donate.  Contact me at meelbroeke@gmail.com so we can get the ball rolling!

I would like to thank each and every Meelbroek fan for your continued support through the lockdown.  I am humbled by your love and kind words always.  Markets are popping up everywhere and new shops are added to the Meelbroek family.  Keep an eye on all these happenings on the website www.meelbroeke.com and the Facebook Page and Instagram.

And through it all, let us not forget why pink is so important in October!

Greetings

Mari

GYPSIES

En daar loop ons die pad nou al amper 100 dae.  Dis ‘n rowwe pad hierdie.  Met klippe en gate en waterpoele en opdraandes en afdraandes.  Meer nog, dit is ‘n onbekende pad.

Ons klomp uitstallers, by feeste soos Innibos, Aardklop, KKNK, en vele meer, ry baie paaie.  Lang paaie en kort paaie, die alternatiewe roetes en meer dikwels die vinnigste roete om by die volgende plek staning te maak.  O, dit is ‘n lekker lewe!  As kind, het gypsies my fassineer.  Die vrye lewe, die karavane, klokkies om die enkels, helder kleure en baie lag en kuier rondom groot vure tot ligdag.  Tot ‘n groot mate, val uitstallers in hierdie kategorie.  Ons is tog maar gypsies, vrydenkendes en travellers.  Grootpad-genieters.  En vanaand, wanneer die besoekers aan ‘n fees huistoe gaan, skop ons die skoene uit en dans, soms denkbeeldig, en soms werklik, die lewe terug in ons moeë voete.

Dit voel nou of ons die hobbelrige pad in ‘n donkiekar aandurf.  En of daar baie doodloopstrate is waarin ons onsself bevind.  Ons sien nie die (pad)tekens altyd so mooi nie. MAAR ons is mense met inisiatief en ons het gespring om planne te beraam om die gate en hobbels te systap!  Tesame met die hulp van sommige feeste en ander platforms, doen die meeste van ons flink besigheid aanlyn.  Ons sal ons nie laat onderkry nie en ons is baie dankbaar vir mense wat ons as uitstallers die geleentheid gee om steeds besigheid te doen deur die moontlikhede daar te stel. 

Op hierdie stadium is daar een wat reeds in werking is, Innibos se BOSWINKEL.  Daar kan jy gaan rondkyk en kuier tussen al die stalletjies.  Onthou dat Innibos se nuwe datum in Desember val – 16-19 Desember 2020.  Moet dit nie mis nie!

Meelbroeke sal op ‘n gereelde basis die lys hier aanvul, soos die platforms beskikbaar word.  Dankie dat jy ons steeds ondersteun, dis waarom ons kan voortgaan!

Ons weet nie wat voorlê nie, maar ons klompie gypsies mis die feeste, die besoekers, die kleure en klokkies en magic! 

Mag ons mekaar gou weer sien!

Liefde,

Mari

Who would have thought.

Who would have thought that a flu like none other before would bring the world to its knees.  So quickly and devastating.  So totally creeping into society, not overseeing anyone.  Suddenly there is no difference in social status, no difference in age, political views, skin colour or religion.  It affects us all.  Equally.   

Who would have thought that there will be a day that we will be scared to go to a shop, that people will start buying trolley loads of toilet paper, tinned food, Listerine and not forgetting hand sanitizer!

We are scared to touch, to kiss, we are prohibited to go to large gatherings and to be honest, even small gatherings does not feel like a good idea anymore.  We wear masks and surgical gloves.  Our faces itch but we can not touch it. 

Our world has changed.

For us, living mostly off an income generated by you, the public, at markets and festivals, it is devastating.  We are a bunch of gypsies, travelling from festival to festival, market to market.  We love this way of living, we love YOU as fellow South Africans visiting us where ever we display our things.  We get to know some of you, year after year seeing you at our stalls.

Now it has all stopped.  For the while anyway.  But that means that we have no income and there is an immense load on the shoulders of the event organisers paying back money, stalling their advertising, changing dates and (at this stage) postponing almost everything to the last part of 2020. 

Please understand that I can not even get close to explaining how this has impacted on our lives.  Please be patient with event organisers, please keep us as exhibitors in your prayers, as you are in ours.

Sooner or later this will also end.  But we all know that the world as we knew it is going to be different.  And it will be okey, we will all be okey. 

We will be kissing and hugging our friends again.

We will be standing close again.

We will be laughing without fear again.

We will be at a market or festival again.  This is just another beginning.  It is not the end.

Be safe, be careful.  We love you.

Love

Mari

MEEL EN SUURDEEG

Die jaar spoed voort teen ‘n tempo wat algaande vinniger word. Aan die begin van elke jaar staan ons voor ‘n magdom besluite wat ons moet neem. Maer word om in dáárdie Meelbroek of Meelrokkie te pas, geldjies opsysit om hierdie of daardie spesiale item te koop, na watter skool of kleuterskool my kind moet gaan, en, les bes, hoe kan ék die wêreld vir myself en andere ‘n beter plek maak? Hoe word ek gelukkiger?

Die vinnige antwoord is sekerlik – TREK ‘N MEELBROEK AAN! As jy reeds een of meer het, sal jy die gemak van hierdie klere verstaan, dis aantrek, uittrek, was en weer aantrek! As die wêreld ‘n beter plek kon word deur almal wat Meelbroeke dra, sal ons verseker ‘n verskil kan maak! Lank gelede, in die 1980’s was daar ‘n reeks gesegdes wat die rondte gedoen het, jy sal dit dalk onthou as jy tóé ‘n tienier was. Liefde is…..en dan volg wat ookal nodig was om gesê te word. Liefde is….drukkies, Liefde is….die eerste koppie koffie en so kan ek aangaan. Kussingslope, sleutelhouers en wat nog alles was bedruk met Liefde is…. en kon jy vir jou geliefde ‘n hele rits boodskappe stuur. Ons kan dus aankondig : Liefde is…..om ‘n Meelbroek aan te trek!

En met ‘n Meelbroek aan jou lyf, watter verskil voel jy? Jip, dis gemaklik. En koel. En cool. En so aan, maar die eintlike geluk lê tog binne die Meelbroek. Die eintlike waarde lê dus binne die Meelsak. As die meel in die Meelsak nie meer gebruik kan word nie, word die sak sommer ook weggegooi.

Ons, hier by Meelbroeke, hoop dat dit wat binne ons klere is, goeie meel is. En wat is meel sonder suurdeeg? Omdat ons uitgesproke oor ons Christenskap is, glo ons dat die suurdeeg van geloof, elkeen van ons (wat die meel is) deurtrek, sodat ons dwarsdeur ons Meelklere as gelowiges geëien kan word. Lukas 13:20-21 “Waarmee kan Ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat ‘n vrou geneem en in twintig kilogram meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”

Mag elkeen wat hierdie jaar ‘n stalletjie besoek of ‘n Meel-kledingstuk aankoop, die Koninkryk van God deur ons by Meelbroeke, se handeling ervaar. En my wens vir jou is geluk, sodat ook jy deur jou Meelklere die Lig laat skyn. Dít is tog ware geluk!

Groetnis
Mari

2020

En toe ons ons oë uitvee, het ons 2020 visie!  Kersfees is verby, ons is boots & all binne-in die nuwe jaar, sommer ‘n lekker ronde getal, dit val maklik op die tong, skryf lekker en ons oueres sal dit sonder moeite onthou!

Dit is ook nou ‘n goeie tyd om julle voor te stel aan ‘n paar mense wat op een of ander manier betrokke is by Meelbroeke.  Hulle gesiggies gaan nou wel nie hierby verskyn nie, maar as jy ons by die feeste ondersteun, sou jy meeste van hulle al daar raakgeloop het.  Sonder hulle, sou ek gesukkel het om al die punte bymekaar te kry!

Henning, my ander helfte.  My klankbord, leningskonstultant en raadgewer!  Die raad en ondersteuning wat ek van jou kry, is van onskatbare waarde!

Santa, my sus.  My regterhand (soms albei hande!) by feeste.  Saam het ons al baaaaaie kilometers gery, baie gelag, BAIE hard gewerk, poegaai op die kampbedjies geval en more lyfseer aangegaan!  Elke oomblik ‘n goue oomblik!

Thomas, Jaco en Dienkie, my kinders. 

Thomas, die meesterbrein agter die webwerf en sosiale media bestuurder.  Ek kan maar net fotos, blogposts en idees vir hom stuur en hy laat die “magic” gebeur.  Jy is onmisbaar!

Jaco, die beste bemarker wat ek voor kon vra, in besonder by Innibos.  Dankie dat jy bereid is om jou alter ego op die voorgrond te sit wanneer jy ‘n meelbroek aantrek.  Die pret en plesier wat soos ‘n wolkie om jou hang, is ‘n opkikker vir ons almal!

Dienkie wat nie skroom om die ouer garde én die jongeres terstond nader te sleep vir oortuiging nie.  Jou positiewe geaardheid en sonnige persoonlikheid raak ons almal aan!

Estelle, hierdie Meelbroek malligheid is alles jou skuld!  Of dalk liewer die Meelbroek sukses?  Hoe dit ookal is, jy is my aanhitser, my muse, en my baie eerlike en reguit raadgewer.  Ek kan nie my lewe indink sonder jou nie!

En dan, die onsigbares…..die mense wat agter die naaimasjiene sit, dankie vir julle aandeel. Sonder julle was daar immers geen Meelbroeke nie!

Hierdie besondere jaar, 2020, hou reeds groot belofte in vir Meelbroeke!  Ons gaan ‘n paar nuwe feeste doen, hou maar net die webwerf en ons sosiale media blaaie dop vir meer inligting.  Daar gaan ook moontlik nuwe items op die rak verskyn, in die tweede helfte van die jaar en hier sal veral die manne ‘n kansie kry tot iets vir hulle!

As jy in Limpopo woon, of binnekort by die Haenertsburg Berry Festival gaan kuier, ons skop die jaar af met hierdie lekker nuwe een!  1-2 Februarie.

http://berryfestival.co.za/

Ons hoop dat ons jou binnekort by ‘n fees gaan raakloop, die kalender word vol!

Tot dan, wees veilig, werk lekker, kuier op die stoep met grooooot koppies koffie en soet namiddag-drankies.  Sit lewe in die tyd wat jou gegun word om te leef!

Groete,

Mari