
đ¶ ……oooooo die Wit Broek sit nie mooi nie, die Wit Broek sit te styyyyyf…..đ¶ neurie die vrou langs my in die winkel vandag. Broeke-liedjies is daar baie. Sy dra die Broek, sing Thys die
Bosveldklong. Jan Jan Jan Wys graag hulle vleis. En ons hou van Meelbroeke…..Bosbroeke…..drie by drie! Ons is ons is weet julle wie? So is daar ân broek vir elkeen se smaak. Of jy nou hou van kort broekies, kniebroeke, lanbroeke, lospassend of stywerig oor die sitvlak, gemaklik of knyperig op plekke….jou broek sal jy kry.
Ek is verbaas om te verneem dat daar nou selfs ân spesiale dag vir broeke is! Erfenisdag. NĂ©. Wie sou kon raai. Nou kan jy jou ge-erfde broek dra beduie ek vir een van die kinders. Oooo nee skynbaar nie. Dit gaan daaroor om te onthou wie ons is en waar ons vandaan kom. Dus trek ons klere aan wat ons herinner aan ons wortels in hierdie Afrika-grond. Ons doen dinge wat ons herinner aan ons grootwordtye en ons vaders se vaders. En wat doen ons? ONS BRAAI! âMamma…..ons gaan nĂłĂș braai!â Ons koop ten duurste die skaaptjoppies wat Oom Japie in die Karoo vir ons netjies verpak het. Ons soek die beste 28 dae verouderde sirloin uit en ons spandeer 6 maande vooraf om uit te vis waar die beste wors te koop is. En dan BRAAI ons op Erfenisdag.
Ons vaders se vaders sal sekerlik rondomtalies onder die grond maak as hulle moet weet wat sommige mense aantrek op hierdie spesiale Braai-dag wat ons nou het. Oupa sou sy Sterling khakiâs gedra het, deurgetrapte vellies en ân beswete hoed. Moeg nĂĄ ân dag se arbeid op die plaas. Die kleinkinders kaalvoet en stowwerig aanât speel, Ouma vee haar hande aan die voorskoot af, gooi die meelsakkie vadoek oor die vars gebakte brood. Seun staan, een voet op die klip langs die vuur, elmboog op die knie en draai die skaapstertjies een vir een om…….hy het sy spesiale broek aan. Een wat van vadoeke gemaak is. Sodat hy sy hande daaraan kan afvee. Ouma skud haar kop in ongeloof en vou nogmaals die meelsakkie oor die warm, uitgeryste brood. ân Broek van streperige vadoeke, bid jou dit aan.
Maar hieroor wil ek nie baie sĂȘ nie, ek wil jou liewer van ân ander broek vertel.
Ons raak opgewonde wanneer ons oor Meelbroeke en Bosbroeke praat. Hoe kan ân mens dan nie? Ons kry fotos van mense wat daarin swem, bergklim en draf. Daar is fotos van luilekker aande in die Wildtuin, skottelgoed was-sessies by die kampplek. ân Paar jonges staan langs ân seiljag in KroasiĂ« en iemand stuur ân foto vanaf die Burj Kalifah. Meelbroeke en Bosbroeke druk ân stempel af in veraf en naby plekke, hoog en laag en les bes…..langs ân braaivleisvuur op Erfenisdag. Want hierdie klere is ons ware verlede. Ons oor-grootjies het klere gedra wat van Meelsakke gemaak is. Broeke, onderklere en selfs ân trourok, het iemand my vertel. Hulle was skaam daaroor, want hulle was armer as arm. Die sakke is gebleik en uitgewas totdat daar geen prentjie of kleur meer sigbaar was nie. Dit was ân skande, maar dit was al wat hulle gehad het.
Vandag word Meelbroeke en Bosbroeke van dieselfde materiaal as destyds gemaak, dit is net ân bietjie sterker. En dit is geliefd onder oud en jonk. Ons dra dit wanneer ons braai en ons vee sommer ons hande daaraan af. Ons was dit, dan word dit skoon. Dit word asât ware deel van ons lyf, uit die was……aan die bas! Want Meelbroeke en Bosbroeke dra mens véél meer as net op Nasionale Braaidag.
Elke broek kry sy dag. Meelbroeke en Bosbroeke kry meer!